Lockheed C-130 Hercules

Lockheed C-130 Hercules
'n Koninklike Australiese Lugmag C-130H, 2007
Tipe Militêre vragvliegtuig
Vervaardiger Lockheed
Nooiensvlug 23 Augustus 1954
Vrygestel 9 Desember 1957
Status In gebruik
Hoofgebruikers Amerikaanse Lugmag (USAF)
Amerikaanse Marinierskorps (US Marines)
Britse Lugmag (RAF)
Suid-Afrikaanse Lugmag
Vervaardig 1954-huidig
Aantal gebou Meer as 2300 tot 2009
Eenheidskoste C-130H: VS$30.1 miljoen
Weergawes Lockheed L-100 Hercules

Die Lockheed C-130 Hercules is 'n middelswaar transportvliegtuig. Dit is 'n 4-motorige turboskroef wat deur baie NAVO-weermagte gebruik word. Die vliegtuig is reeds in die middel-1950's ontwerp en die eerste keer vervaardig, en word in 2006 die derde militêre vliegtuig wat vir langer as 50 jaar by sy eerste gebruiker (in hierdie geval die Amerikaanse Lugmag) in diens is. Die eerste twee was die English Electric Canberra (2001) en die B-52 Stratofortress (2005).

Gedurende sy leeftyd is meer as 40 modelle aan meer as 70 lande verkoop. Airbus is sedert 2005 besig met 'n mededinger vir die C-130, naamlik hul Airbus A400M Atlas.

'n C-130H van die Egiptiese Lugmag.
Filippynse Lugmag- en Lëerpersoneel laai 'n C-130 met voedsel en water af, vir helikopters om dit na Panay-eiland te neem.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search